Patients

Procedures

«Back

Information for patients undergoing Conscious Sedation


English  |  Afrikaans 

Bewuste 

Sedasie
Wat U nodig het om te weet

U dokter sal u prosedure inder Bewuste Sedasie uitvoer.  Dit is n wanneer u medisyne gegee word wat u lomerig maak, enige angstigheid verminder en enige pyn wat u adersins mag ondervind tydens die prosedure, verlig.  U sal steeds wakker wees (maar lomerig) en in beheer, en sal ook in staat wees om met u dokter te praat.  n Voordeel san sommige van die medisynes is dat u nie in staat sal wees om die prosedure te onthou nie.  U sal egter alles kan onthou voordat die medikasie aan u gegee is en nadat dit uitgewerk het.  Om bewuste sedasie te veroorsaak, sal u gewoonlik een of meer medisynes gegee word, gewoonlik deur inspuiting, maar somtyds op ander maniere.  U sal noukerig deur n verpleegster gemonitor word, deur verskeie instrumente te gebruik tydens die hele prsedure.


Voor die prosedure

Maak seker dat u verstaan en volg noukerug enige instrukises wat deur u doktor aan u gegee is.

In die algemeen:

  • Geen vaste voedsel 6uur voor die prosedure nie.
  • Volwassenes kan vleoistowwe tot 4 uur voor die prosedure inneem.
  • Kinders: Ouers moet hulle doktor se advies volg.
  • Iemand anders moet u na die kliniek/hospitaal toe bring.
  • Voordat u die prosedure odergaan, onthou om u dotor in telig aangaande enige ander medisynes wat u tans neem, enige allergieë of ander mediese toestande wat u mag hê. 
  • Vra hom uit aangaande enige speciale instruksies.


Tydens die prosedure

  • U sal waarskynlik n klein inspuitnaals in u arm kry wat dan vasgeheg word.
  • U sal heel waarskynlik tydens die prosedure deur sekere insrtumente gemonitor word: 'n polsmonitor knip aan een van u vingers, 'n bloeddrukband op u arm en meskien 'n paar klein pleisters op u borskas om u hartklop te monitor.
  • U mag n klein suurstofmasker, of n buis naby u neus vir suurstof hê.

Na die prosedure

  • Sodra u dokter tevrede is met u herstelling, sal u toegelaat word o huistoe te gaan.
  • 'n Verantwoordelike volwassene moet u huistoe neem.
  • U mag nie bestuur of enige masjinerie vir 24 uur na die prosedure hanteer nie.
  • U behoort nie enige wetlike dokumente vir 24 uur na die prosedure te onderteken nie.
  • Moenie alkohol drink 24 uur na die prosedure nie.
  • Kontak u dokter onmiddellik indien u enige probleme obdervind soos pyn in die nek, borskas of maag.

U mag enige vloeistof drink (behalwe as alkohol), en eet n heluur na die prosedure.  Indien u enige vrae het, vra asseblief u doktor.


Source: Conscious Sedation Working Grouo MASA. Conscious
Sedation Clinical Guidelines SAMJ April 1997;87(4)484-492
Roche Products (Pty) Ltd.,
P.O. Box 129, Isando, 1600. Tel: (011) 974-5335 or
REAL (Roche Ethical Assistance Lin) 
tollfree: 0800 21 21 25
2/12/97 DRM-97/12

 

Vir print bare weergawe in Afrikaans druk hier